Ratwerke van die Menslike Siel, PDF eBook

Ratwerke van die Menslike Siel PDF

PDF

  • Information

Description

'n Nostalgiese reis styg uit die pen van prof. Louis C. Jonker oor sy eie herinnering aan en verlange na die leermeesters wat hom help vorm het, sy eie ontwaking as bybelwetenskaplike, en sy bediening in die NG kerk.

Hy verken ook sy innerlike stryd in hierdie verskillende tydperke.

Die uitvloeisel hiervan is 'n mengsel van historiese novelle, biografie, persoonlike memoires en die akademiese skryfsels van prof.

Ferdinand Deist, Biskop John Colenso, prof. Johannes du Plessis en ook die van Jonker. Die vertellings - wat soms aan speelse fantasie grens - word in die boek afgewissel met toegeligte uittreksels uit vakliteratuur deur, en oor, die vier gespreksgenote.

Uiteindelik lewer Jonker hiermee belangrike kommentaar oor die huidige stand van Bybelinterpretasie in Suid-Afrika.

Information

Save 25%

£10.00

£7.50

Information